Saturday, June 27, 2009

Nuusbrief Junie 2009

Dit is moeilik om te glo dat die die jaar die halfpad merk verby gesteek het. Met die langste nag wat verby is op die 22 Junie is ons nou behoorlik in die hartjie van die winter.

Die Title Deed wyn is gebottel en ons is besig om die etiketering te reël en sal heel spoedig u as huiseienaars in kennis stel aangaande die beskikbaarheid van die wyn. Hierdie wyn sal die allokasie wees vir die periode 1 Junie 2008 tot en met 31Mei 2009. U as Huiseienaars sal dus binnekort weer rooiwyn in die huis hê, net reg vir die koue winter en die kaggelvuur. Vir die wat nog nie weet nie, ons is tans besig met ‘n projek waar u as huiseienaar of belangstellende u eie vaatjie wyn kan kom versny, botteleer en self etiketteer. Voorbeelde van hierdie wyne word geberg in die vinoteek om in aanmerking te kom vir ‘n kompetisie in die kleine waar ons eie Beyers Truter die wyne teen die einde van September sal proe en beoordeel. Die wen wyn sal daarna aangekondig word. Skakel ons gerus indien u belangstel aangesien dit groot pret vir die hele familie inhou.

Bou bedrywighede het mooi opgetel en ons is bly om te raporteer dat die totale eenhede tans op dertig te staan kom en sluit in die wat in aanbou is of reeds voltooi is. Ons voorsien dat indien die tendens voortduur ons teen Desember heel moontlik tot by veertig huise kan vorder.

Sekuriteit handhaaf ‘n hoë standaard en ons het tot op hede geen probleme ondervind nie. Ons het ook onlangs oorgeskakel na ‘n nuwe sekuriteits maatskappy en ons poog voortdurend om die standaard te handhaaf.

Croydon is tans grasgroen en die voëllewe, sodra die sonnetjie sy kop uitsteek, is opsigtelik. Graag wil ons vra dat enige een wat belangstel en kan help met die uitkenning en aantekening van die voël spesies my asseblief moet kontak. Die tinktinkies, kwikkies, suikerbekkies, kingfishers, duikers, geelbek eende, bleshoenders, waterhoenders en vele meer is ongelooflik mooi. Wees op die uitkyk vir die hase en hier en daar ‘n skilpad as jy ons besoek.

Dankie vir die wat hul heffings betyds betaal en dit vir ons moontlik maak om na jul belegging om te sien. Die funksie lokaal word al meer gebruik en ons wil u aanmoedig om betyds die lokaal te bespreek ten einde terleurstelling te voorkom.

Hou dop ons sal eersdaags weer ‘n snoeidag hou en te oordeel aan laas jaar se opkoms sal dit beslis iets wees om nie te vergeet nie.

Van almal hier by Croydon wens ons u alle voorspoed toe.

Groete

Corius

Wednesday, June 17, 2009

Bottling the 2009 wine

Monday 15 June 2009

There is an excitement hanging in the air today. Bottles are standing all over the area as a promise that the golden harvest is ready for its next step. A step closer to being delivered to the proud owners of this boutique estate. The stage is set.

The bottling machine is ready! The helping hands are standing ready to feed the machine. The tank with the first wine to be botteled is connected so we are ready. Bottle after bottle is washed and then filled to the right level. The cork goes on and the first wines of the season are bottled. A nervous but proud moment for the winemaker. After long hard hours to get the best quality grapes out of the vines and then harvesting it and nurturing it to end up in a perfect blend, the wine is in the bottle and now ready for inspection. From here it will get the Croydon Vineyard Estate 2009 label and only then will the winemaker be able to sit back with the homeowners and enjoy the true harvest of this elite wine estate.

If you are interested in becoming a proud owner of this Beyers Truter Signature Development, you can contact the resident Seeff agent for more information. This is true winelands lifestyle. Others dream about it! You can live it!

Photos and article by resident Seeff agent.
Gerhard van Deventer
076 590 7758


Bottling the 2009 wine





Bottling the 2009 wine