Thursday, August 7, 2008

Julle word hartlik uitgenooi

Julle word hartlik uitgenooi na die jaarlikse snoeidag te Croydon Vineyard Estate, 9 Augustus 2008.

Kom skuur skouers met ons eie wyn ikoon, Beyers Truter, terwyl hy jou stap vir stap verduidelik hoe om ‘n wingerd te snoei. Warm etes sal beskikbaar wees om die winterkoue te demp. Kom geniet die dag saam met ons en bly sommer ook vir die rugby daarna. (SA vs Arg)

Koste R60.00 Volwassenes

R30.00 Kinders (10 – 16)

Kontant kroeg beskikbaar. Die dag skop af om 11vm by die Lifestyle Centre.

Vriende & Familie is almal welkom.

Rsvp asb.

Sien jou daar!

Corius Visser
Wynmaker