Monday, February 2, 2009

Van die Landgoed bestuurder/wynmaker - From the Estate Manager/ Winemaker

Beste Huiseienaars

Dit is moeilik om te glo dat die eerste maand van 2009 al amper op sy rug le. Ek hoop en vertrou u het ‘n geseënde en voorspoedige feestyd beleef en wil ook die vertroue uitspreek dat in 2009 die voorspoed u sal verveel.

Hier by Croydon is dit skouer aan die wiel en is dit ‘n miernes van bedrywighede om als reg te kry vir die pars wat binne die volgende twee weke aanbreek. Die druiwe het mooi verkleur en ons sien uit daarna om die kelder nat te maak met ons werklike eerste vol produserende wingerde se druiwe. Hou dop vir nuus oor wanneer ons weer die jaarlikse port trap in die fontein voor die kelder gaan hou. Dit beloof om weer vol opwinding te wees soos laas jaar. Vir die wat daar was, ons het nie vergeet van julle botteltjie soetwyn nie en ons sal laat weet wanneer dit reg is. Die wyne van 2008 vertoon ook goed in die vate en sodra wyn ghoeroe Beyers Truter te vrede is om te botteleer kan jul ook verwag dat jul jaarlikse kwota binnekort beskikbaar sal wees. .

Daar is tans 10 huiseienaars woonagtig op die landgoed en vyf huurders wat huise okkupeer. Graag wil ek spesiaal vir die twee Burger gesinne, Krugers, Barnards, Steenkamp en die Wilsons wat onlangs ingetrek het baie hartlik welkom heet. Hoop u verblyf is net so aangenaam soos almal van ons wat reeds hier is dit beleef. Dit is ‘n plesier om soggens werk toe te ry en die wingerde met die mooi berge in die agtergrond te aanskou en weereens bevoorreg te voel om hier te bly. Vir die wat nog nie begin bou het nie en dalk nog planne het moet nie wag nie. Vier nuwe huise het begin oor die feestyd en binnekort sal nog ander volg.

Die funksie lokaal is aan die gang en al hoe meer mense gebruik die fasiliteit. Indien u sou belangstel om te gebruik skakel Charmaine vir verder inligting. Dit was aangenaam om ‘n hele paar families saam hier op kersdag te kon hê met ons eerste jaarlikse kersdiens gehou deur ons eerste inwonende dominee MC Engelbreght. Ons sal voortaan meer sulke geleenthede met bv. Paasfees ens. hou.

Die feestyd was beslis goed vir baie van ons te oordeel aan die gebruik van die gimnasium. So die wat nog gewonder het of hulle die ekstras nog wil afskud die gimnasiumm is 24 uur oop vir u gebruik. Volg asb die huisreels soos u sou doen by enige ander gimnasium Geniet die gebruik van u eie gimnasium.

Ek is bly om te kan se dat daar nog geen voorvalle was waar die sekuriteit van die landgoed onder gedrang gekom het nie. Ons is van plan om dit so te hou en is voordurend besig is om die gehalte van diens te verbeter.

Water water water is al wat die tuine nodig het. ‘n Bietjie reen sal welkom wees. Ons woel egter om by te hou met natmaak en is tans besig om die winterwerk te beplan. Kyk uit vir die voels en as jy ‘n liefhebber is kontak my gerus ek sal graag ‘n opname wil laat maak van al die spesies. As jy vroeg oggend ons besoek of laat saans kyk uit vir die hase in die pad. Dit is goed om nog so stukkie natuurlewe oor te he. Vir julle met honde en katte wat hier bly moenie vergeet om hulle aan ‘n halsband te hou nie en aan julle katte klokkies te sit nie. Dit sal hartseer wees as ons ons voellewe en ander lewe bedreig indien ons onbedagsaam is.

Vir alle huiseienaars wat betyds betaal en getrou hul heffings betaal. Baie dankie. U stel ons in staat om die landgoed netjies te hou en op te bou.

Ek sal voortaan u meer op hoogte hou van wat aangaan op die landgoed. Kontak my gerus indien u enige navrae het. Ek sal dit sover moontlik beantwoord.

Landgoed bestuurder/wynmaker

Corius Visser

Dear Home Owners

It is hard to believe that the first month of 2009 is behind us. I hope and trust that you had a blessed festive season and wish you the best for what lies ahead in 2009.

Here at Croydon we are putting shoulder to the wheel and everything is a hive of activity as we prepare for the pressing of the grapes that will occur within the next two weeks. The grapes have developed great colour and we are looking forward to getting the cellar wet with grapes from our genuine first full production off the vines. Keeo your eyes open for the news about when the next annual port stomping that takes place in the fountain in front of the cellar. It promises to be as exciting as last year. As far as the year that passed it concerned, we have not forgotten about your bottles of sweet wine and we will let you know when it is ready. The wines of 2008 are presenting in the vats well and as soon soon as guru Beyers Truter is satisfied that we can begin bottling, and you can expect you annual quota to be ready.

There are currently ten home owners living on the Estate and five families occupying rented homes. I want to especially welcome the two Burger families, the Krugers, Barnards, Steenkamps and the Wilsons who moved in recently. We hope your stay with us is as enjoyable as everyone else has found it to be. It is a pleasure to drive to work with the vineyards and mountains as a backdrop and a privilege to live here. For those of you that have not begun building and who have not yet made plans do not wait. Four new houses have begun over the festive season and more will soon follow.

The functions venue is being used increasingly. If you are interested in using it call Charmain for further information. It was a pleasure to have a few families with us at the Christmas service given by our first in-house dominee MC Engelbrecht. We hope to have more Christmas occasions like this.

A good Christmas for a lot of us will also mean that the gym can be useful for shedding those extra pounds and remember that it is open 24 hours a day. Please observe the house rules as you would in any other gym and enjoy it.

I am pleased to report that there have been no security related incidents on the Estate. We plan to keep it this way and we are always looking for ways to improve matters.

Water water water is all that the gardens need. A little rain will be welcome too and we will keep planning for winter while keeping things watered. Look out for the birds if you are a birdlover and feel free to contact me with what you have spotted as I keep a list of the species. If you are up early, look out for the hares in the road. It is great to have some wildlife around. For those of you with dogs and cats please remember to place a small bell on the collars. It would be a pity to threaten the wild life it we are not careful.

To all home owners that pay their levies on time – thanks. You make it possible to keep the Estate in good condition.

I plan to keep you informed of developments on the Estate. Please feel free to contact me if you have any enquries. I will help with as many as possible.

Estate Manager/winemaker

Corius Visser