Thursday, April 23, 2009

AANGAANDE AGTERSTALLIGE DEBITEURE EN HANTERING VAN REKENINGE

Beste Huiseienaars

Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om u in kennis te stel oor die prosedure aangaande die hantering van agterstallige heffings. Let dat heffings betaalbaar is op die eerste dag van elke kalender maand en dus word die rekening as agterstallig beskou daarna. Dit bring mee, dat indien die heffing vir die betrokke maand nie betaal is voor die einde van die maand nie die rekening as dertig dae agterstallig beskou word. Op die rekening sal daar dan rente gehef word teen prima uitleenkoers, plus twee persent sal insluit, soos bevestig deur die Huiseienaars Vereniging se bankier (Nedbank). U sal verwittig word via sms dat u rekening agterstallig is en dit binne die volgende 30 dae betaalbaar is. Dit sal u verantwoordelikheid wees om die kantore van die HOA te kontak om die bedrag te bekom. Indien u nie die rekening binne die termyn vereffen nie sal die rekening oorhandig word aan prokureurs Van der Westhuizen, Vos & Horn Ingelyf. Hierdie rekening sal dan verder deur hul gehanteer word en u sal dan verantwoordelik wees om hul regskostes direk aan hulle te vereffen.

Vir die wat gereeld u heffings betaal wil ons graag dankbetuig vir u getroue ondersteuning en ook van die geleentheid gebruik maak om u te vra om asb u erf nommer te verstrek met die betaling van u heffing. Dit sal die Hoa in staat stel om bedrae korrek te allokeer en enige ongerief uit te skakel. Ook wil ons vra dat u asb die aangehegte dokument voltooi en asb terug faks of epos na die kantore van Huiseienaars Vereniging by bogenoemde adres, sodat ons u kontak besonderhede kan bevestig en ook verandering aan te bring waar nodig.

Byvoorbaat hartlike dank

Bestuur