Friday, September 21, 2007

Aardklop vol skop

http://www.aardklop.co.za

Corius is off to the Aardklop Arts Festival this week, and organisers are expecting 180 000 people to pass through the wine tent alone although hopefully not pass out. Why not try out the Aardklop podcast at this link http://aardklop.podbean.com/

Met die aftel van die dae voordat Aardklop afskop, is daar ’n hele paar vertonings wat blyk baie gewild te wees. Die 1812 en militêre skouspel is ’n eenmalige gebeurtenis wat niemand durf misloop nie. Tsjaikowski se 1812 ouverture word uitgevoer met die afvuur van lewendige kanonne. Die aand tree twee militêre orkeste, naamlik die SA Irish Regimental Association Pipes and Drums en die SANW se Koperblaasorkes albei in volle militêre drag op. Om te hoor hoe Tsjaikowski se triomfantlike ouverture eintlik moet klink, moet jy Donderdagaand 27 September op die Fanie Du Toit Sportterrein wees.

Oppiaarde gaan soos gewoonlik weer in die kraal val van enigeen wat hou van rock en alternatiewe musiek. Van ons land se bekendste groepe soos Springbok Nude Girls, The Parlotones, Ollie, Valiant en die Mystic Boereorkes, fokofpolisiekar, Bed on Bricks en Karen Zoid gaan in aksie wees op Saterdag 29 September op die Fanie du Toit Sportsentrum. Die hekke open om 12 uur en die show sal tot laatnag aanhou.

Iets wat jy ook nie aldag gaan hoor nie, is Nicholis Louw, Emo Adams en Jannie Moolman wat die musiek van Elvis, en sy era sing. In Bra Elvis, wat op Woensdagaand 26 September op die Fanie du Toit Sportterrein aangebied word, gaan die koning van Rock, wat vanjaar 30 jaar gelede dood is, se musiek weer herleef. Lank lewe die koning van Rock ’n Roll, Bra Elvis! Ook met Nokokhanya Dlamini en Shine 4.

Van die drama produksies wat uitgesonder kan word is Die Storm, die Afrikaanse vertaling van Shakespeare se The Tempest. 396 jaar nadat hierdie drama vir die eerste keer opgevoer is, bekoor dit nog steeds gehore oraloor. Tjaart Potgieter het dit in Afrikaanse vertaal en Marthinus Basson behartig die regie. In Die Storm toon Jana Cilliers, as Arial, en Antoinette Kellermann as Prospero hulle vaardighede as bedrewe verhoogaktrises.

Festen, is die verhoogweergawe van die 1995 treffer Deense Dogme-film. Festen, wat “Die Viering” in Afrikaans beteken. Die stuk is as The Celebration op Broadway en West End opgevoer en is ’n opwindende moderne tragedie wat ’n spel is met donker en lig. Heinrich Rosenhofer het tydens die ABSA KKNK vanjaar ’n Kanna-toekenning vir beste regie hiervoor ontvang. Met onder meer Johan van Jaarsveld, Stian Bam, Nina Swart, Neil Sandilands en Pedro Kruger.